Romeinse gnocchi met ‘n Gruyere roomsous vir Pasella

29 Feb

Gebakte semolina gnocchi in 'n Gruyere roomsous

Ek het die voorreg gehad om onlangs saam met die Pasella-span van SABC2 ‘n kook-insetsel te skiet oor ongewone kaas. Dit word vanaand om 19h30 uitgesaai.

Ek, Ishay en Fritz

Ek en twee mede-bloggers, Ishay Govender-Ypma van www.foodandthefabulous.com en Fritz Brand van www.realmencancook.com het die kameras aangedurf saam met die gewilde Crystal-Donna as aanbieder. Dit was ‘n onvergeetlike ervaring om te sien hoe dinge agter die skerms gedoen word!

Die kaas wat ek gekies het om mee te kook, is Gruyere – ‘n kaas van Switzerse oorsprong. Gruyere se smaak hang baie af van sy ouderdom, maar wissel vanaf romerig en neutagtig tot baie pikant en sterk. Dis ‘n goeie alternatief tot parmesan of grana padano, en is ‘n uitstekende kaas vir smelt- en kookdoeleindes. In Suid Afrika is daar net een vervaardiger van plaaslike Gruyere: Klein River Boerdery in Stanford. Omdat Gruyere kaas onlangs dieselfde ekslusiewe status as Champagne ontvang het (slegs kaas wat gemaak word in die Switzerse dorpie Gruyere, mag amptelik Gruyere genoem word), word Klein Rivier Boerdery se produk nou “Suid Afrikaanse Gruyere” genoem. Ek het Klein Rivier se verouderde Suid Afrikaanse Gruyere in hierdie resep gebruik.

Fritz in aksie, besig om sy kaaskoek te maak.

Gnocchi is ‘n Italiaanse pastagereg, en kan van verskeie bestanddele gemaak word om ‘n effens ander smaak en tekstuur tot gevolg te hê: aartappels, semolina en ricotta is gewilde keuses. My gnocchi-resep maak gebruik van semolina, wat gestol word en dan met ‘n koekiedrukker in vorms gedruk word voor dit in ‘n roomsous gebak word. Dis ‘n heerlike bygereg vir ‘n lamsboud, of selfs net vir ‘n braai: heerlik dekadent! Ek het dit ook al met bloukaas gemaak, en dit smaak vorentoe!

Hier volg die resep wat al voorheen op thefoodfox.com verskyn het. Geniet dit!

Roman gnocchi:

As mentioned before on this blog, I love gnocchi: light, fluffy, potato dumplings smothered in my favourite gorgonzola sauce. But a few days ago I discovered a new culinary gem: ROMAN gnocchi.

Never heard of it before? Me neither! It featured in one of my favourite cookbooks “The Food of the Mediterranean” by Murdoch Books (it’s a really thick book and I haven’t even scratched the surface of more than 250 fantastic recipes): not made with potatoes at all, but rather with semolina, milk, egg yolks and mature hard cheese, then smothered in a butter and cream sauce, topped with more cheese, and baked untill golden and bubbly. Sounds almost like a potato gratin. But believe me, this is something you have got to try!

The texture is very similar to regular potato gnocchi, except that the shape is different, and I think it is much easier to make. The results are almost infallible.

I must admit that a picture cannot do justice to the taste and smell of this wonderfully rich and fluffy side dish. But once you try it, you’ll be hooked. Use you favourite strong/sharp cheese, I’ve tried it with parmesan, pecorino, grana padano, gruyère and even an extra mature cheddar – all of them work really well!

Ingredients for gnocchi:

45 g butter, melted

1/3 cup (35 g) grated Gruyere cheese (or pecorino/grana padano/parmesan/extra mature cheddar)

3 egg yolks

1 litre milk

pinch of ground nutmeg

200 g (1 and 2/3 cup) semolina flour

salt and freshly ground pepper for seasoning

  • Line a 30 x 25 cm baking tin (or Swiss roll tin) with baking paper.
  • Beat together butter, parmesan and egg yolks and season lightly. Set aside.
  • Heat the milk in a large saucepan. Add the nutmeg, and season with salt and pepper. When the milk is just boiling, pour in semolina while stirring. Reduce heat and continue to cook while stirring untill mixture pulls away from the side of the pan (takes about 5-10 minutes).
  • Remove from heat, beat in egg yolk mixture untill smooth, then pour into baking tin. Smooth the surface to an even thickness, using a knife dipped in cold water. Set aside to cool.
  • Pre-heat oven to 180 degrees Celsius and grease a shallow 25 x 18 cm baking dish.
  • Lift the semolina slab out of the tin and peel off the baking paper. Cut semolina into circles, using a 4 cm cookie cutter or small cup dipped in cold water. Arrange the circles, slightly overlapping, in the greased casserole.

Ingredients for sauce and topping:

45 g butter, melted

80 ml (1/3 cup) cream or double cream

1/3 cup grated Gruyere cheese (at least)

  • Blend together the butter and cream and pour over the gnocchi. Sprinkle with cheese and bake for 25-30 minutes, or until golden. Serve at once.

Tip: The gnocchi can be prepared a day or 2 in advance, wrapped and stored in the fridge in the slab form or in circles. Assembling and baking to be done just before serving. Enjoy!

Share this:

2 Responses to “Romeinse gnocchi met ‘n Gruyere roomsous vir Pasella”

  1. stella louwrens March 1, 2012 at 15:37 #

    hi Ilse, nou net met groot moeite vr j bdskap gestr. kani so voor pc sit en skryf nie wag vr telkomkonsultant – al ure – maar vnd di skrywery nie goed vr my rug nie – kani weer als oorskryf nie. sal graag ori program met jou wil prt as jy objektiewe opbouende kritiek wil he. waar kry mens die gerookte forel wavan Carine ons vertel het? nou te seer om verder te tik.

    • The Food Fox March 1, 2012 at 15:45 #

      Hi Stella! Jy kry die gerookte forel by sommige winkels en markte, Christo (072-744 5997) is die verspreider en sal kan sê watter winkel is naaste aan jou!
      Hoop dit gaan gou beter met die pyn!!

Leave a Reply

Facebook
Twitter
Pinterest
Instagram
YouTube